Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lokomotief
lokomotief [boodskap #137135] So, 04 Julie 2021 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Lokomotief.
'n Lokomotief.
lokomotief
Afbreking: lo•ko•mo•tief


Selfstandige naamwoord: lokomotief
Meervoud: lokomotiewe
Verkleinwoord: lokomotiefie
Meervoud van verkleining: lokomotiefies

Betekenis:
• 'n Voertuig wat die passasiers- of goederewaens van 'n trein trek of stoot.

Gebruik:
• Die lokomotief stoom die stasie binne.

Sinoniem:
• loko (informeel)
• swartmerrie (verouderd)
• ysterperd

Hiponiem:
• diesellokomotief
• elektriese lokomotief
• hulplokomotief
• stoomlokomotief
• stootlokomotief
• treklokomotief

Afgelei:
• lokomotiefbou
• lokomotiefbouer
• lokomotiefloods
• lokomotiefpersoneel

Vertaling:
Engels: locomotive, engine
Nederlands: lokomotief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: linnekas
Volgende onderwerp: skynbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:30:51 MGT 2024