Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Mars
Mars [boodskap #137112] Vr, 02 Julie 2021 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die planeet Mars.
Die planeet Mars.
Mars
Afbreking: Mars


Selfstandige naamwoord: Mars
Meervoud:

Betekenis:
• Die vierde planeet van ons sonnestelsel; die rooi planeet tussen die Aarde en Jupiter.
• (mitologie) Die Romeinse god van oorlog; oorlogsgod.

Gebruik:
• Vanaf die Aarde lyk Mars rooierig, daarom word dit dan ook die Rooi Planeet genoem.
Mars was die seun van Jupiter en Juno, en sy seuns (Romulus en Remus) word as die stigters van Rome gesien.

Hiperoniem:
• aardplaneet

Afgelei:
• Marsbewoner

Vertaling:
Engels: Mars
Nederlands: Mars

Nota:
• Moenie "Mars" met "mars" (met 'n kleinletter) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Venus
Volgende onderwerp: mars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:33:28 MGT 2024