Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » perspektief
perspektief [boodskap #137102] Do, 01 Julie 2021 14:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
perspektief
Afbreking: per•spek•tief


Selfstandige naamwoord: perspektief
Meervoud: perspektiewe
Verkleinwoord: perspektiefie
Meervoud van verkleining: perspektiefies

Betekenis:
• Die plek en rigting vanwaar 'n mens iets bekyk, of figuurlik, hoe 'n mens oor 'n saak dink.

Gebruik:
• Om dit in perspektief te stel, 'n akker is min of meer so groot soos 'n sokkerveld.
• Lees verruim 'n mens se perspektief.

Sinoniem:
• kykhoek
• oogpunt
• sienswyse
• uitsig
• verwysingsraamwerk

Afgelei:
• laevlakperspektief
• voëlperspektief
• wurmperspektief

Vertaling:
Engels: perspective, view
Nederlands: perspectief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tuitmond
Volgende onderwerp: meerlettergrepig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:37:45 MGT 2024