Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eindoordeel
eindoordeel [boodskap #137084] Di, 29 Junie 2021 13:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eindoordeel
Afbreking: eind•oor•deel
Samestelling: eind (e) + oordeel


Selfstandige naamwoord: eindoordeel
Meervoud: eindoordele

Betekenis:
• Christus se finale oordeel oor die dood voordat die wêreld te gronde gaan.
• Die laaste beslissing in 'n regsaak of ander geding.

Gebruik:
• Die verskyning van die Antichris en die wederkoms van Christus word deur die laaste of die eindoordeel gevolg.
• Geen appèl kan teen die regter se eindoordeel ingedien word nie.

Sinoniem:
• einduitspraak
• eindvonnis
• slotvonnis

Vertaling:
Engels: final judgment
Nederlands: eindoordeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reëndruppel
Volgende onderwerp: steunpilaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:39:42 MGT 2024