Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koerier
koerier [boodskap #137080] Ma, 28 Junie 2021 20:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18856
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koerier
Afbreking: koe•rier


Selfstandige naamwoord: koerier
Meervoud: koeriers
Verkleinwoord: koeriertjie
Meervoud van verkleining: koeriertjies

Betekenis:
• Persoon of instansie wat pakkies van 'n sender afhaal en met spoed aan 'n ontvanger aflewer.

Gebruik:
• Watter koerier se fooie is die laagste?

Afgelei:
• koerierdiens

Verwant:
• bringer
• bode
• boodskapper
• gesant
• posman
• posryer
• renbode
• ylbode

Vertaling:
Engels: courier
Nederlands: koerier


Werkwoord: koerier
Verlede tyd: het gekoerier

Betekenis:
• Om pakkette op te tel en af te lewer.

Gebruik:
• Ons sal die pakkie na u adres koerier.

Vertaling:
Engels: to courier
Nederlands: koerieren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: abakus
Volgende onderwerp: bate
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 16:36:41 MGT 2024