Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kwartier
kwartier [boodskap #137064] So, 27 Junie 2021 13:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die eerste kwartier van die maan.
Die eerste kwartier van die maan.
Die laaste kwartier.
Die laaste kwartier.
kwartier
Afbreking: kwar•tier


Selfstandige naamwoord: kwartier
Meervoud: kwartiere
Verkleinwoord: kwartiertjie
Meervoud van verkleining: kwartiertjies

Betekenis:
• 'n Tydperk van 15 minute; kwart uur.
• (astronomie) Een van twee fases van die maan tussen nuwe- en volmaan.
• (militêr) Huisvesting vir soldate.

Gebruik:
• Ek sal oor 'n kwartier terug wees.
• Die maan is tans in die eerste kwartier.
• Die soldate moes noodgedwonge hulle kwartiere ontruim.

Spreekwoord:
• Hy gee geen kwartier nie. [Betoon nie in die minste genade nie.]

Afgelei:
• driekwartier
• hoofkwartier
• kwartierares
• kwartiermeester
• kwartierstand
• winterkwartier

Afkorting:
• kw.

Vertaling:
Engels: quarter of an hour, quarter-hour; quarter; quarters, billet
Nederlands: kwartier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vooroorlede
Volgende onderwerp: verkluim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 19:06:51 MGT 2024