Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waarborg
waarborg [boodskap #137054] Sa, 26 Junie 2021 16:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18784
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waarborg
Afbreking: waar•borg
Samestelling: waar + borg


Selfstandige naamwoord: waarborg
Meervoud: waarborge
Verkleinwoord: waarborgie
Meervoud van verkleining: waarborgies

Betekenis:
• Formele belofte om 'n produk te herstel of te vervang sou dit binne 'n bepaalde tyd breek.
• Iets waardevols wat tydelik gegee word vir ingeval 'n verpligting nie nagekom kan word nie.

Gebruik:
• Die stofsuier het het 'n waarborg van 3 jaar.
• Dis dom om jou huis as waarborg te gee as jy 'n motor wil koop.

Afgelei:
• bankwaarborg
• eenjaarwaarborg
• perseelwaarborg
• roeswaarborg
• waarborgfonds
• waarborgkapitaal
• waarborgsom
• waarborgversekering
• tweejaarwaarborg

Vertaling:
Engels: guarantee; security
Nederlands: waarborg


Werkwoord: waarborg
Verlede tyd: het gewaarborg

Betekenis:
• Om te verseker dat iets sal gebeur of dat jy daarvoor in sal staan.

Gebruik:
• Ek waarborg dat die video 'n glimlag op jou gesig sal sit.

Vertaling:
Engels: to guarantee, insure
Nederlands: waarborgen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: foto-album
Volgende onderwerp: oktaaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 05:46:39 MGT 2024