Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » neerslaan
neerslaan [boodskap #137040] Vr, 25 Junie 2021 12:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
neerslaan
Afbreking: neer•slaan
Samestelling: neer + slaan


Werkwoord: slaan neer, neerslaan
Verlede tyd: het neergeslaan

Betekenis:
• Om iets ondertoe te slaan; platslaan; neergooi; neerwerp; neervel.
• Om na benede te val; neerval; neerstort.
• (chemie) Om uit te sak; 'n neerslag vorm; neersink.

Gebruik:
• Sy het die inbreker met haar handsak neergeslaan.
• Hy trap mis en slaan op die grond neer.
• Suiwer koper sal op die elektrode neerslaan.

Vergelyking:
neerslaan soos 'n os

Afgelei:
• neerslaanmiddel

Verwant:
• neerslag

Vertaling:
Engels: to fall down; knock down, strike down; deposit, precipitate
Nederlands: neerslaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanteel
Volgende onderwerp: opskiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 14:40:58 MGT 2024