Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weergalm
weergalm [boodskap #137006] Wo, 23 Junie 2021 12:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weergalm
Afbreking: weer•galm
Samestelling: weer + galm


Werkwoord: weergalm
Verlede tyd: het weergalm
Teenwoordige deelwoord: weergalmende

Betekenis:
• Klank wat terugslaan.

Gebruik:
• Geweerskote weergalm teen die hange.

Sinoniem:
• eggo
• weerkaats
• weerklink

Vertaling:
Engels: to echo, resound, reverberate
Nederlands: weergalmen


Selfstandige naamwoord: weergalm
Meervoud: weergalms
Verkleinwoord: weergalmpie
Meervoud van verkleining: weergalmpies

Betekenis:
• Die eggo van klank wat terugkaats.

Gebruik:
• Die weergalm van 'n skreeuende kind maak haar wakker.

Sinoniem:
• eggo
• klankweerkaatsing
• nagalm
• naklank
• weerklank

Vertaling:
Engels: echo, resound, reverberation
Nederlands: weergalm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: oogheelkunde
Volgende onderwerp: raadop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:14:51 MGT 2024