Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bloedbad
bloedbad [boodskap #136984] Sa, 19 Junie 2021 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloedbad
Afbreking: bloed•bad
Samestelling: bloed + bad


Selfstandige naamwoord: bloedbad
Meervoud: bloedbaddens
Verkleinwoord: bloedbadjie
Meervoud van verkleining: bloedbadjies

Betekenis:
• 'n Grootskaalse vergieting van bloed, waartydens baie mense beseer, gewond of gedood word.
• (figuurlik) 'n Gebeurtenis wat baie slagoffers eis.

Gebruik:
• 'n Burgeroorlog kan op 'n bloedbad of selfs 'n volksmoord uitloop.
• Die inperking het tot 'n bloedbad van afleggings gelei.

Sinoniem:
• bloedvergieting
• massamoord
• slagting

Vertaling:
Engels: bloodbath, massacre, slaughter, carnage
Nederlands: bloedbad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kleremaker
Volgende onderwerp: tem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 09:17:12 MGT 2024