Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klapper
klapper [boodskap #136980] Sa, 19 Junie 2021 11:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Klapperboom met klappres.
'n Klapperboom met klappres.
klapper
Afbreking: klap•per


Selfstandige naamwoord: klapper
Meervoud: klappers
Verkleinwoord: klappertjie
Meervoud van verkleining: klappertjies

Betekenis:
• Vrug van die palmboom, of die gemaalde binneste wit deel van die vrug.
• Klein vuurwerk; kruit in karton wat ontplof wanneer dit aan die brand gesteek word.
• Indeks op die rand van 'n boek om naslaan te vergemaklik.

Gebruik:
• Strooi 'n bietjie klapper oor die poeding.
• Ek klap jou as jy weer 'n klapper in die huis afskiet.
• Die boek is so dik, hulle kon maar 'n klapper bygesit het.

Afgelei:
• klapperaanplanting
• klapperboom
• klapperdop
• klappermelk
• klapperneut
• klapperolie
• klappertand
• klappervesel
• klappervleis
• klappervrug
• klapperwater

Vertaling:
Engels: coconut; fireworks, cracker; index, register
Nederlands: klapper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sari
Volgende onderwerp: onderdrukker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:23:03 MGT 2024