Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Kersfees
Kersfees [boodskap #136976] Sa, 19 Junie 2021 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Dit is tradisie om 'n kersboom vir Kersfees te versier.
Dit is tradisie om 'n kersboom vir Kersfees te versier.
Kersfees
Afbreking: Kers•fees


Selfstandige naamwoord: Kersfees
Meervoud: Kersfeeste
Verkleinwoord: Kersfesie
Meervoud van verkleining: Kersfesies

Betekenis:
• Fees wat gevier word om die geboortedag van Christus te herdenk.

Gebruik:
• Die 25ste Desember is Kersdag, dan vier ons Kersfees.

Sinoniem:
• Christusfees

Afgelei:
• Kersfeesbonus
• Kersfeesdiens
• Kersfeeskaartjie
• Kersfeestradisie
• Kersfeesviering

Vertaling:
Engels: Christmas
Nederlands: Kerstmis, Kerstfeest
Zoeloe: uKhisimuzi

Nota:
• Samestelling van Kerst, 'n Middelnederlandse naam vir Christus en fees.
• Kersfees, soos al die openbare vakansiedae, word met 'n hoofletter geskryf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kerkhof
Volgende onderwerp: klagte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 18:46:09 MGT 2024