Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » belaglik
belaglik [boodskap #136966] Vr, 18 Junie 2021 15:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
belaglik
Afbreking: be•lag•lik


Byvoeglike naamwoord: belaglik
Vergrotende trap: belagliker
Oortreffende trap: belaglikste
Attributief: belaglike
Partitief: belagliks

Betekenis:
• Wat bespotting verdien; so vreemd, snaaks of dom is dat 'n mens daarvoor kan lag.

Gebruik:
• Op 'n tyd het mense gedink dit is belaglik om te dink dat die wêreld rond en nie plat is nie.

Sinoniem:
• absurd
• bespotlik
• dwaas
• gek
• grappig
• laf
• lagwekkend
• mal
• onsinnig
• verregaande
• verspot

Afgelei:
• belaglikheid

Vertaling:
Engels: ridiculous, ludicrous, laughable
Nederlands: belachelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inisiatief
Volgende onderwerp: kerslig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 07:20:53 MGT 2024