Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom kuier saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gruwelik
gruwelik [boodskap #136955] Do, 17 Junie 2021 14:35
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 11583
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 0
Senior Lid
gruwelik
Afbreking: gru•we•lik
Samestelling: gruwel + -ik


Byvoeglike naamwoord: gruwelik
Vergrotende trap: gruweliker
Oortreffende trap: gruwelikste
Attributief: gruwelike
Partitief: gruweliks
Intensief: godsgruwelik

Betekenis:
• Wat mens met afgryse en afsku vul.
• Baie erg.

Gebruik:
• Die gruwelike en bloedige plaasmoord het almal geskok.
• Ek het my gruwelik vir hom vererg.

Sinoniem:
• aaklig
• afgryslik
• afskuwelik
• afstootlik
• grusaam
• naar
• skrikwekkend
• verskriklik
• vreesaanjaend
• vreeslik

Afgelei:
• gruwelikheid

Vertaling:
Engels: gruesome, terrible, brutal, horrible
Nederlands: gruwelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onklaar
Volgende onderwerp: tragies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Aug 03 10:18:05 UTC 2021