Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom kuier saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » terugskakel
terugskakel [boodskap #136922] Di, 15 Junie 2021 14:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 11583
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 0
Senior Lid
terugskakel
Afbreking: terug•skavkel
Samestelling: terug + skakel


Werkwoord: skakel terug, terugskakel
Verlede tyd: het teruggeskakel

Betekenis:
• Om iemand terug te bel.
• Deur skakeling na 'n vorige plek of toestand bring.
• (rekenaarwetenskap) 'n Webskakel in terugwaartse rigting.

Gebruik:
• Ek sal jou later terugskakel.
• Die renjaer het sy motor na die tweede rat teruggeskakel.
• As jy na my webwerf skakel sal ek na joune terugskakel.

Sinoniem:
• oorskakel
• terugbel
• terugsit

Vertaling:
Engels: call back; switch back, shift back; link back
Nederlands: terugbellen; terugschakelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stompsinnig
Volgende onderwerp: inspireer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Aug 03 10:49:19 UTC 2021