Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verborge
verborge [boodskap #136888] So, 13 Junie 2021 15:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verborge
Afbreking: ver•bor•ge


Byvoeglike naamwoord: verborge
Vergrotende trap: verborgener
Oortreffende trap: verborgenste
Attributief: verborge

Betekenis:
• Wat verberg en nie openlik bekend is nie.

Gebruik:
• 'n Mens kan nie sy ware aard en afkoms vir altyd verborge hou nie.

Sinoniem:
• bedek
• duister
• geheim
• heimlik
• onkenbaar
• onsigbaar
• verberg
• verskuil
• versteek
• verswyg
• versweë
• weggesteek

Afgelei:
• verborgene
• verborgenheid

Vertaling:
Engels: concealed, hidden
Nederlands: verborge

Nota:
• Sterk verlede deelwoord van verberg.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkwikking
Volgende onderwerp: duursaamheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 01:18:39 MGT 2024