Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » twissiek
twissiek [boodskap #136878] Sa, 12 Junie 2021 11:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18814
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
twissiek
Afbreking: twis•siek
Samestelling: twis + siek


Byvoeglike naamwoord: twissiek
Vergrotende trap: twissieker
Oortreffende trap: twissiekste
Attributief: twissiek, twissieke

Betekenis:
• Met 'n sieklike behoefte om te baklei en rusie te maak.

Gebruik:
• Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur, en 'n twissiek mens vir rusie stook. [Spreuke 26:21]

Sinoniem:
• bakleierig
• kibbelagtig
• rusiemakerig
• twisgierig

Vertaling:
Engels: quarrelsome, argumentative, contentious
Nederlands: twistziek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mite
Volgende onderwerp: nederigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 13:55:52 MGT 2024