Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klawer
klawer [boodskap #136857] Do, 10 Junie 2021 20:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Klawer
Klawer
klawer
Afbreking: kla•wer


Selfstandige naamwoord: klawer
Meervoud: klawers
Verkleinwoord: klawertjie
Meervoud van verkleining: klawertjies

Betekenis:
• Een van die wit en swart stafies op 'n klavier, orrel, ens.
• Kruidgewas van die genus Trifolium met drie blaartjies per steel.
• 'n Speelkaart met drie blaartjies.

Gebruik:
• Sy vingers gly oor die trekklavier se klawers.
Klawer word dikwels as veevoer gebruik.
• 'n Pak kaart bevat 13 skoppens (♠), 13 hartens (♥), 13 ruitens (♦) en 13 klawers (♣).

Spreekwoord:
• Sy klawer is droog. [Iemand kan nie sing nie.]

Afgelei:
• klavierklawer
• klawerblaar
• klawerblom
• klawerboer
• klawerbord
• klawerhooi
• klawerinstrument
• klawerland
• klawerpatroon
• klawerplant
• klawersaad
• klawersuring
• klawerwortel

Vertaling:
Engels: key; clover; clubs
Nederlands: toets; klaver; klaver

Nota:
• Klawer is ook 'n dorpie in die noordweste van die Wes-Kaap.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verleë
Volgende onderwerp: bevrees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 22:13:36 MGT 2024