Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » huisnywerheid
huisnywerheid [boodskap #136518] Ma, 10 Mei 2021 16:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
huisnywerheid
Afbreking: huis•ny•wer•heid
Samestelling: huis + nywerheid


Selfstandige naamwoord: huisnywerheid
Meervoud: huisnywerhede
Verkleinwoord: huisnywerheidjie
Meervoud van verkleining: huisnywerheidjies

Betekenis:
• 'n Ambag wat op klein skaal in 'n residensiële sone (en nie in 'n fabriek nie) beoefen word.

Gebruik:
• Houtwerk kan maklik as 'n stokperdjie of as 'n huisnywerheid vanuit 'n garage bedryf word.

Sinoniem:
• huisindustrie
• tuisbedryf

Verwant:
• tuisnywerheid

Vertaling:
Engels: cottage industry, domestic artisanry
Nederlands: huisnijverheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nywerheid
Volgende onderwerp: sitting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:10:21 MGT 2024