Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nywerheid
nywerheid [boodskap #136517] Ma, 10 Mei 2021 16:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nywerheid
Afbreking: ny•wer•heid


Selfstandige naamwoord: nywerheid
Meervoud: nywerhede
Verkleinwoord: nywerheidjie
Meervoud van verkleining: nywerheidjies

Betekenis:
• 'n Bedryf waar grondstowwe (meestal op groot skaal) vir ekonomiese gewin verwerk word.

Gebruik:
• In die nywerheid is gom onontbeerlik vir die duisende toepassings waardeur verskillende materiale aanmekaar geheg word.

Sinoniem:
• industrie

Afgelei:
• huisnywerheid
• kunsnywerheid
• motornywerheid
• metaalnywerheid
• nywerheidsgebied
• nywerheidsproduk
• nywerheidsrevolusie
• nywerheidskool
• nywerheidstentoonstelling
• tekstielnywerheid
• tuisnywerheid
• volksnywerheid

Verwant:
• nyweraar

Vertaling:
Engels: industry
Nederlands: nijverheid, industrie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tuisnywerheid
Volgende onderwerp: huisnywerheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 12:48:30 MGT 2024