Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Chinees
Chinees [boodskap #136245] So, 11 April 2021 10:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Chinees
Afbreking: Chi•nees
Uitspraak: /ʃiˈniə̯s/


Selfstandige naamwoord: Chinees
Meervoud: Chinese
Verkleinwoord: Chinesie
Meervoud van verkleining: Chinesies

Betekenis:
• Persoon wat in China woon of van daar afkomstig is.

Gebruik:
• Die Chinees het in die middel van die Leeupark uitgeklim om foto's te neem.

Wisselvorm:
• Sjinees

Hiperoniem:
• Asiaat

Vertaling:
Engels: Chinese, Chinaman
Nederlands: Chinees
Zoeloe: iShayina, umShayina, uNoklinsi


Selfstandige naamwoord: Chinees
Meervoud:

Betekenis:
• Enige van die tale en dialekte van China (soos Gan, Hakka, Hoenannees, Kantonnees, Mandaryns, Noord-Min, Suid-Min en Woe).

Gebruik:
Chinees is die taal wat deur die meeste mense op aarde gepraat word. Kan jy Chinees na Afrikaans vertaal?

Sinoniem:
• Sinities

Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees


Byvoeglike naamwoord: Chinees
Attributief: Chinese

Betekenis:
• Van, uit, betreffende China of die mense van China.

Gebruik:
• Die Groot Chinese muur is meer as 21 duisend kilometer lank.

Vertaling:
Engels: Chinese
Nederlands: Chinees

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Sjinees
Volgende onderwerp: wispelturig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:18:31 MGT 2024