Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bol
bol [boodskap #135518] Ma, 25 Januarie 2021 20:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bol.
'n Bol.
bol
Afbreking: bol
Uitspraak: /bɔl/


Selfstandige naamwoord: bol
Meervoud: bolle
Verkleinwoord: bolletjie
Meervoud van verkleining: bolletjies

Betekenis:
• (wiskunde) 'n Perfek ronde voorwerp; sfeer.
• (biologie) Die ondergrondse wortel van 'n knolplant.
• Iets wat min of meer rond is, soos 'n bal, iemand se kop, of die opstaande gedeelte van 'n hoed.

Gebruik:
• Die radius van die bol is 1.
• Die bolle moet in Oktober geplant word.
• Die kolf bestaan uit 'n bol met 'n plat bodem en 'n lang nek.

Spreekwoord:
• Hy is in die bol gepik. [Nie heeltemal by sy verstand nie.]

Afgelei:
• aardbol
• bolagtig
• bolgewas
• bolgewrig
• bolhoed
• bolhol
• bolkeil
• bolkonkaaf
• bolkonveks
• bolplant
• bolpuntpen
• bolrond
• dennebol
• hemelbol
• oliebol

Vertaling:
Engels: sphere, globe; bulb; ball, crown
Nederlands: bol


Byvoeglike naamwoord: bol
Attributief: bollende

Betekenis:
• Rond aan die buitekant.

Gebruik:
• Hy stop sy mond so vol dat sy wange bol staan.

Vertaling:
Engels: bulge
Nederlands: bol

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: viertrekvoertuig
Volgende onderwerp: besemstok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 23:23:01 MGT 2024