Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » smeltkroes
smeltkroes [boodskap #134744] Wo, 25 November 2020 15:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Smeltkroes met vloeibare metaal.
'n Smeltkroes met vloeibare metaal.
smeltkroes
Afbreking: smelt•kroes
Samestelling: smelt + kroes
Uitspraak: /ˈsmɛlt.krus/


Selfstandige naamwoord: smeltkroes
Meervoud: smeltkroesse
Verkleinwoord: smeltkroessie
Meervoud van verkleining: smeltkroessies

Betekenis:
• (metallurgie) Vuurvaste pot waarin metale gesmelt en gemeng word.
• (figuurlik) 'n Moeilike of pynlike ervaring wat mens sterker en beter maak.
• Plek waar heterogene mense of dinge vermeng.

Gebruik:
• Koper en kalamyn saam word in 'n smeltkroes gesmelt om geelkoper te vervaardig.
• Sal van hulle gesê word dat hulle in 'n krisistyd deur die smeltkroes gegaan en sterker anderkant uitgekom het?
• Johannesburg is 'n smeltkroes van tale en kulture wat aankomelinge van dwarsoor Afrika lok.

Spreekwoord:
• Deur die smeltkroes gaan. ['n Veeleisende ondervinding moet deurmaak. Beproef word.]

Verwant:
• smeltoond

Vertaling:
Engels: crucible, melting-pot
Nederlands: smeltkroes

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: prokarioot
Volgende onderwerp: leeubekkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:49:53 MGT 2024