Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afneem
afneem [boodskap #134733] Di, 24 November 2020 14:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afneem
Afbreking: af•neem
Samestelling: af + neem


Werkwoord: afneem, neem af
Verlede tyd: het afgeneem

Betekenis:
• Minder word in getal of maat.
• Iets van iemand af wegvat; wegneem; verwyder.
• Iets plegtig doen of iemand iets laat aflê (soos 'n eksamen, verklaring, getuienis, eed).
• 'n Foto met 'n kamera vat.

Gebruik:
• Ons hoop dat die hoë werkloosheid spoedig sal begin afneem.
• 'n Mens kan mos nie kos van arm mense afneem nie.
• Sy het notas in klas afgeneem.
• Kan jy ons asseblief voor die standbeeld afneem?

Spreekwoord:
• Iemand die bieg afneem. [Om iemand streng uit te vra en te vermaan.]

Sinoniem:
• kwyn
• verflou
• verminder
• wegvat

Antoniem:
• toeneem
• teruggee

Vertaling:
Engels: to decline, decrease; remove, take away; undergo; photograph
Nederlands: afnemen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toeneem
Volgende onderwerp: plafon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:38:59 MGT 2024