Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baard
baard [boodskap #134720] Ma, 23 November 2020 14:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man met 'n baard en 'n snor.
'n Man met 'n baard en 'n snor.
baard
Afbreking: baard


Selfstandige naamwoord: baard
Meervoud: baarde
Verkleinwoord: baardjie
Meervoud van verkleining: baardjies

Betekenis:
• Hare op die ken en wange van 'n man en sekere diere.
• Iets wat daaraan herinner.

Gebruik:
• Hy skeer sy baard af.
• Trek die mielies se baard af.

Spreekwoord:
• Hy ry met die baard op die skouer. [Hy ry baie vinnig.]
• Hy brom in sy baard. [Mompel om ontevredenheid weer te gee.]
• Bietjie baard, maar klipsteenhard. [Gesê van 'n ervare persoon.]
• Ek smeer hom dit aan die baard. [Iemand iets met skimpe verwyt.]
• Sy baard groei deur sy keel. [Gesê wanneer 'n seun se stem breek.]
• Praat jy wat baard het. [Uitnodiging aan 'n ouer persoon om sy opinie te gee.]
• Rooi baard, duiwelsaard. [Iemand met 'n rooi baard word dikwels beskou as humeurig.]
• Waar die boer nie is nie, word sy baard nie geskeer nie. [As die eienaar nie vir sy sake sorg nie, word hulle verwaarloos.]
• Waar die hoof nie is nie, word die baard nie geskeer nie. [As 'n mens jou belange nie behartig nie, word hulle verwaarloos.]
• As die koningin baard gehad het, was sy die koning. [Gesê as iemand praat van "as dit gebeur het, dan sou dat die gevolg gewees het".]

Afgelei:
• bloubaard
• snorbaard
• steekbaard

Vertaling:
Engels: beard, whiskers
Nederlands: baard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: improviseer
Volgende onderwerp: geslepe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:23:37 MGT 2024