Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » orbitaal
orbitaal [boodskap #134166] Ma, 19 Oktober 2020 19:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
orbitaal
Afbreking: or•bi•taal


Byvoeglike naamwoord: orbitaal
Attributief: orbitale

Betekenis:
• Wat die omwenteling van 'n objek (soos 'n satelliet) betref.

Gebruik:
• Die Aarde se perihelion, waartydens orbitale beweging die vinnigste is, vind in Januarie plaas.

Vertaling:
Engels: orbital
Nederlands: orbitaal


Selfstandige naamwoord: orbitaal
Meervoud: orbitale
Verkleinwoord: orbitaaltjie
Meervoud van verkleining: orbitaaltjies

Betekenis:
• Gebied om 'n atoomkern waarin elektrone met 'n bepaalde energievlak hulself (met 'n ~90% waarskynlikheid) bevind.

Gebruik:
• Elke orbitaal rondom die kern kan 'n beperkte aantal elektrone huisves.

Sinoniem:
• atoomorbitaal

Vertaling:
Engels: orbital
Nederlands: orbitaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: troon
Volgende onderwerp: monomeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:38:20 MGT 2024