Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » troon
troon [boodskap #134165] Ma, 19 Oktober 2020 16:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18794
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Troon.
'n Troon.
troon
Afbreking: troon


Selfstandige naamwoord: troon
Meervoud: trone
Verkleinwoord: troontjie
Meervoud van verkleining: troontjies

Betekenis:
• Spesiale stoel vir 'n heerser, of figuurlik, die mag wat dit verteenwoordig.
• (skertsend) 'n Toilet.

Gebruik:
• Ná koning Tsjaka se dood het Dingaan die troon oorgeneem.
• Los maar, hy sit op die troon.

Afgelei:
• troonbestyging
• troonkamer
• troonopvolger
• troonopvolging
• troonsaal

Vertaling:
Engels: throne
Nederlands: troon


Werkwoord: troon
Verlede tyd: het getroon

Betekenis:
• Hoog bokant ander dinge uitsteek.
• Om 'n kroon te gee (as simbool van mag).

Gebruik:
• Die toring troon bokant die geboue uit.
• Hy is tot koning getroon.

Antoniem:
• onttroon

Vertaling:
Engels: to tower
Nederlands: torenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: troonkamer
Volgende onderwerp: orbitaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 21:42:51 MGT 2024