Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onafhanklik
onafhanklik [boodskap #133773] Sa, 26 September 2020 20:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onafhanklik
Afbreking: on•af•han•klik


Byvoeglike naamwoord: onafhanklik
Vergrotende trap: onafhankliker
Oortreffende trap: onafhanklikste
Attributief: onafhanklike

Betekenis:
• Wat nie deur iets of iemand anders beheer word nie; selfstandig.
• Wat nie hulp wil hê of nodig het nie; nie afhanklik of onderhorig is nie.

Gebruik:
• Botswana en Lesotho het in 1966 van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword.
• Al die Afrikalande het uiteindelik hul onafhanklikheid gekry, maar het gesukkel om heeltemal onafhanklik van hul voormalige koloniseerders te word.

Antoniem:
• afhanklik
• onderhorig

Verwant:
• onafhanklikheid

Vertaling:
Engels: independent, autonomous
Nederlands: onafhankelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moedswillig
Volgende onderwerp: onbelangrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:43:30 MGT 2024