Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuim
skuim [boodskap #133764] Sa, 26 September 2020 12:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuim
Afbreking: skuim


Selfstandige naamwoord: skuim
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Massa borrels op die oppervlak van water (of speeksel, ens.)
• Persoon met lae karakter; skorrie-morrie; uitvaagsel.

Gebruik:
• Die skuim loop by die besete man se bek uit.
• Moet jou nie met sulke skuim ophou nie.

Spreekwoord:
• Daar is geen goud sonder skuim nie. [Niks is volmaak nie.]

Afgelei:
• skuimbad
• skuimbek
• skuimerig (b.nw.)
• skuimkoek
• skuimtert
• skuimspoor

Vertaling:
Engels: foam, skim, spray
Nederlands: schuim


Werkwoord: skuim
Verlede tyd: het geskuim

Betekenis:
• Borrels op die oppervlak van 'n vloeistof laat opbruis.

Gebruik:
• Die seepwater skuim al te lekker in die bad.

Vertaling:
Engels: to foam, skim
Nederlands: schuimen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skuimspoor
Volgende onderwerp: ballonskip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:33:39 MGT 2024