Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bondel
bondel [boodskap #133701] Wo, 23 September 2020 15:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bondel planke.
'n Bondel planke.
bondel
Afbreking: bon•del


Selfstandige naamwoord: bondel
Meervoud: bondels
Verkleinwoord: bondeltjie
Meervoud van verkleining: bondeltjies

Betekenis:
• 'n Klomp goed wat saamgebind of saam verpak is.
• Klomp mense wat onordelik bymekaar is.

Gebruik:
• Die boer bind die gerwe in 'n bondel saam. Sy het twee bondels wasgoed om te was.
• 'n Bondel het voor die hof saamgedrom.

Afgelei:
• bondeldraer
• bondeling

Verwant:
• bundel

Vertaling:
Engels: bundle, batch, cluster
Nederlands: bundel


Werkwoord: bondel
Verlede tyd: het gebondel

Betekenis:
• Onordelik in 'n groep saamdrom of beweeg.

Gebruik:
• Die betogers bondel voor die ingang saam.

Vertaling:
Engels: to bundle, batch
Nederlands: bundelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tros
Volgende onderwerp: smeltdraad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:55:25 MGT 2024