Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pastei
pastei [boodskap #133687] Wo, 23 September 2020 09:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pastei.
'n Pastei.
pastei
Afbreking: pas•tei


Selfstandige naamwoord: pastei
Meervoud: pasteie
Verkleinwoord: pasteitjie
Meervoud van verkleining: pasteitjies

Betekenis:
• 'n Gereg van fyn vleis, vrugte of ander vulsels wat in deeg gebak is.

Gebruik:
• Nee dankie, pastei gee my sooibrand.

Spreekwoord:
• By gebrek aan brood, eet 'n mens korsies van pastei. [As die gewone dinge ontbreek, gebruik jy iets van groter waarde.]

Meroniem:
• pasteideeg
• pasteikorsie
• pasteivulsel

Hiponiem:
• appelpastei
• haaspastei
• hoenderpastei
• lewerpastei
• skaappastei

Afgelei:
• pasteibakker
• pasteigooiery
• pasteikleur
• pasteiskottel

Vertaling:
Engels: pie, pastry, pasty
Nederlands: pastei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pleister
Volgende onderwerp: geskenkbewys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 12:53:50 MGT 2024