Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pleister
pleister [boodskap #133686] Di, 22 September 2020 21:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pleister.
'n Pleister.
Bouer wat 'n muur pleister.
Bouer wat 'n muur pleister.
pleister
Afbreking: plei•ster


Selfstandige naamwoord: pleister
Meervoud:

Betekenis:
• Kalkmengsel wat aan mure gesmeer word om dit gelyk te maak.
• Kleefmiddel wat oor wonde geplak word sodat dit kan genees.

Gebruik:
• Die messelaar maak pleister aan om die mure af te werk.
• Die verpleegster plak 'n pleister op sy vinger.

Afgelei:
• gooipleister
• kleefpleister
• pleisteraar
• pleisterlaag
• pleisterplank
• trekpleister

Vertaling:
Engels: plaster; band-aid
Nederlands: pleister


Werkwoord: pleister
Verlede tyd: het gepleister

Betekenis:
• Pleister aansmeer.

Gebruik:
• Die bouer pleister die mure met 'n pleisterplank en 'n troffel.

Vertaling:
Engels: to plaster
Nederlands: pleisteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reglynig
Volgende onderwerp: pastei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:00:59 MGT 2024