Radiospeler
 
Supertaal
Waarin ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Argaïse woorde
Argaïse woorde [boodskap #133268] Ma, 31 Augustus 2020 11:39 na volgende boodskap
Prodesse omnibus  is tans af-lyn  Prodesse omnibus
Boodskappe: 5
Geregistreer: Augustus 2020
Karma: 1
Junior Lid
Argaïse woorde

aanbel
aanbelang
aandien
aangeklam
aankomde (volgende, eerskomende)
aapskeloeder
AB-jab
absent
adret
afgedankste
aftob
Algemeenbeskaaf(d) (deesdae standaardtaal)
almiskie
alteveel
altoos
amegtig
ampsbekleder / ampsbekleër
antimakassar
arbeider (werker)
armmansbaadjie
arriewarrie (tot weersiens; vervorming van au revoir (F))
asiel (as ’n inrigting vir kranksinniges)
Avondmaal / Awendmaal
Awend
babbel
badplaas (strandplek)
badskamer
baker
beatnik
bedil
bedilal
bedillerig
bedolwe
bedsermoen
beeldradio
beeldsend
beeltenis
befloers
behoef
bekreun
berokken
beskimmeld
beslote “dit is dan so beslote”
besonke
bestolene
besuide
betoorgrootmoeder
betoorgrootvader
beurtbly
beween
bil
bloubottel
boekanier
boerematriek
bog (vir draai, buiging, kromming)
bombarie
boomgaard
borrie (’n draagbaar om hooi, vrugte ens. te dra)
bors(t)rok
boskasie
braaf (in die Nederlandse sin van goed, deugsaam – ’n Brawe Hendrikkie)
breekwater (dwangarbeid as vonnis)
broekskeur
busseltjie
Chaldeër (in die sin van ’n sterrewiggelaar, of waarsêer)
daag (dag word)
daagliks/daeliks
dag (Ek dag jy weet dit)
dag “voor dag en dou”
dagorde (Neerlandisme vir agenda)
damesgek
dandy
dartel
dato
denk (as ’n werkwoord op sy eie)
derf/derwe
des (van die)
desennium
deser
desnieteenstaande
deurheen
deursig
dia
diapositief
dien (met dien verstande)
dienaar (beampte)
donkiebrekfis
doopgetuie
draadloos (vir radio)
dragonder
drempel (vir ‘n drumpel)
drenk (laat drink)
dubbeljoe
dubbeltjie
duim (lengtemaat)
duit (geldeenheid)
dukaat
durabel
dyn (joune)
eksempel
elkaar
elkers
elpebeen
enerlei
enigerlei
enquête
erd
es (vuurmaakplek)
estimasie
estimeer
faveur
fidusie
fiedel
fiemies
flerrie
foeter
fonograaf
fonogram
fonologie (afdeling in die taalkunde wat handel oor klankveranderinge)
fornuis
fors
fraiing
frank (frank en vry)
friemel
frivoliteit
frivool
frommel
frummels
gaarde
gading
gansegaar
garde (krygsmanne)
gasie
gebelgd
gebroeders
gedoriewaar
geheimskrywer (ou benaming vir sekretaris)
gekog
gekrook
gekurkte (sigaret)
gelaars(d)
gelag (is sy letterlike betekenis van gesamentlike koste van ’n geselskap by ’n kroeg of kafee)
gemak (toilet)
gemakshuisie
gemelik
gener (te ~ tyd)
generale (~ sinode/vergadering)
generlei
genote (~ rus, spyse)
geslaene
gesonge
gestig (inrigting)
gestreng
geswind
gevogelte
gewend
gewrog
ghienie
gimnasium (benaming van enkele skole aan Suid-Afrika)
ginds
ginnegaap
glaas-
goedertieren
goedlags
gomlastiek
gonsel
gopse
gorletbeker, gorletkan
gorletkom
grammofoon
gramradio
groos (trots)
groothertog
haard
haarlaat
haarlemensis, haarlemmerolie
had
hak (kap)
halfkap
halftentwa
halsknopie
halsreg
haperig (twyfelend)
hardepad (vir straf)
hardvogtig
harlaboerla
harmonika
harpenaar
hawer “van hawer tot gort”
hebbe
heel (hy “heel” met ’n sindikaat)
heer (menigte of leër)
heerskaar
heester
hefskroefvliegtuig (helikopter)
heidin
heler (iemand wat “heel”)
hendikep
her (gelede; ook “hierheen”/”herwaarts”)
herbergier
herneutermes
heug
heup “heup en skenkel slaan”
hink-stap-sprong (vir driesprong)
historie
hoepelrok
hoera
hof (vir tuin)
Hooghollands (Nederlands, soos in Suid-Afrika vroeër geskryf en geleer is)
hostel (koshuis)
houthakker
houtjie (tolletjie)
huik
huisvrou (as eggenote)
hygend hert
hyserbediener
ieder
iedereen
imperiaal (papierformaat)
ingesonke
innaai (boekbindery, naaldwerk)
insien (nagaan, deurlees)
introduksie
intyds (betyds)
Jan Sparriewarrie
Jannie se baadjie aanhê
japon
jentelman/jintelman
jingo
jongedame
jongedogter
jongejuffrou
jongeling
jongenskool (seunskool)
jongere
jongetjie
jongslede
juts
kabaal (verbond, samespanning)
kabriolet
kafdoppies
kalamiteit
kaper (seerower)
kapittelstokkie
kaplaars
kardoes “’n bende van Kardoes”
karga
karkis
karnallie
karos
karosserie
karpet
kasarm
kasjet (stempel)
Kaspaas
katderm (vioolsnaar)
katjang ~boontjie, ~ghorrie (grondboontjie)
katlagter (kanon)
katsels
kavalier
kaveer
keldertjie (kissie met likeurflesse)
kemel
kenning
keper
kerkdorp
kerkhuis
kerkvers
keurslyf
kin (vir “ken”)
kindeke
kindere (Die kindere Israels)
kindertuin
kinds (kens)
klapbroek
kleedtafel
kleinhuisie
klereklopper
klipkuil
kloek (dapper)
kloekheid
kloekmoedig
klong
kloot (koeël)
kloset (toilet)
knaap (lessenaar)
knaks
kneding
knee
knikkebol
knoet (Russiese gesel)
knoopstewel
knuis
koen (dapper)
Koerland “van Koerland se vleis eet” (lui wees)
koewertuur
koffiehuis (nie-alkoholiese eet-en-drinkplek in die openbaar)
Kokanje “land van Kokanje” (luilekkerland)
Kolonialer (vir inwoners in Kaapprovinsie tydens Tweede Vryheidsoorlog)
komaf (afkoms)
kommosie
kompanjie (deesdae word slegs Kie. gebruik)
kompanjon
kompleksie
komplimenteus
kondee
konfiture
konfoor
konsensie
konsent
konserf
konserveer
konterfeit (skilder, afbeeld)
konterfeitsel (portret)
kontramine
kontrarie
kooi
koorssiekte (Malaria)
kop of munt (eerder kruis of munt)
kopek
koringharp
korselet
kraam (kraambed)
kras
krawat (ou benaming vir das)
krokodiltrane
kryg (oorlog/stryd)
kryger
kurang
kwerulant
kwispedoor (spoegbakkie)
laaimeester (vragkontroleur)
laars
laken (wolstof)
lakense
land “Die land aan iets hê”
landauer
landheer
langwylig
lasaret (hospitaal vir melaatses)
lasarus (melaatsheid)
lawaaiwater
ledekant
leerjonge
leërskare
leesdiens
leeuin
lemmie (glasalbaster in limonadebottel)
lende (bv. uit die lendene van Abraham)
let (verhinder)
letterbak
letterkas
letterspesie / ~spys
liewerlee “van liewerlee” langsamerhand
limiet
loei
loes (’n loesing gee, pak gee, tugtig)
loodsout
loopjonge
loor “te loor gaan” (verlore raak)
lor
lui (“mense”, tans nog deel van sakelui)
luifel
lukraak
lummel
luns
lunsriem
luttel
luuksueus
lykmaal
maagskap
maaifoerie
magistraat (landdros)
magistratuur
makel (vlek, gebrek)
mandoor
mannin
manuaal (vir handboek)
margine (kantlyn)
marskramer
masjiensetter
mat (Spaanse geldstuk)
matesis (wiskunde)
meester (onderwyser)
meesteres
melksalon
menigwerf
merg
metropolis (moederstad, bv. Kaapstad van Suid-Afrika)
mette “iemand die mette lees”
middelkerk
mikstuur
millibar
mirakuleus
misbakke
misdui
mitsgaders
moede
moedervlek
moerskont (vir vabond)
moestas (snor)
mog
morrie (nooi van ’n eendstert)
mouskakel
my “gedenk myner” (dink aan my)
mylmeter
mylpaal (afstandspaal)
mylwyser
naaister
naak (nader)
nael (spyker)
naelvas (met spykers vasgesit)
nagee
nagkabaai
nagwa
napaadjie
Nataller
Natals
Nederduits (Nederlands)
neef (as aanspreekvorm vir ’n man jonger of min of meer dieselfde ouderdom as jy)
neffens
negosiant (koopman)
negosie
negosiegoed
negosiewinkel
nierknyper (’n soort saal of mansbroek)
nig (as aanspreekvorm vir ’n vrou jonger of min of meer dieselfde ouderdom as jy)
node
noi
nonna
noot (vir neut)
nopens
noppies
Normaal (verkorting van Normaalkollege)
nors/noors
notedop
nu “nu en dan”
nuffie
nummer (vir nommer)
nurks
nutte
nylperd
oblaat (misbrood)
oblietjie
obsoleet
oggendty
olel
olim “in die dae van olim”
omgaande “per omgaande pos”
omnibus (vervoermiddel)
omroep (uitsaaidiens)
omsons (tevergeefs)
onbesuis
onderseeboot / onderseër (duikboot)
ongans
ongewroke
onnosel (naïef)
onpassabel
ontgaan (wangedrag)
ontketen (van kettings bevry)
ontstentenis (afwesigheid)
onverlet
onverskillig (eenders)
onvrye
oopspalk
oorlams
oorlap (oorlel)
oorly (sterf)
oortjie (een kwart van ’n pennie)
opdat (met die bedoeling, sodat)
opgaan (gaan aflê)
opsetting
opskeploer
opwag (staan en wag totdat iemand opdaag)
oragie
orasie
oulap (pennie)
ounooi
oupaaijaan
outa, outata
outomobiel
overgesetsynde
paai (pa, ou kêrel, sukkelaar)
paaiboelie
Padvinder (Boy Scout)
page (hofknapie)
paggerhout
pagter
palissanderhout
pantoen
papa (pappa)
paregorie
parogie
parool (wagwoord)
pendule (klok)
penkop
pennie
perdekrag
peseta
piano (klavier)
pint
pleeg (gewoon wees)
ploeg (versamelnaam vir ’n werkspan; bv. ’n ploeg arbeiders)
ploegbaas (voorman of opsigter van ’n ploeg arbeiders)
plotseling
plunje
poegaai
poliets
portfisiedeur
postiljon
predikaattrein
prikkel (stok waarmee diere aangedryf word)
proefsteen
proewe
promovenda
provenier
ransel (’n rugsak)
rapallie
razzia
rededeel
referte
regentes
regisseuse
register (dag)register
regulus
reikhals
rekel (kwajong)
reken “buite die waard reken” (moeilikhede onderskat)
rekenaar (boek met antwoorde of berekenings of iemand wat knap kan reken)
rekenliniaal
rentmeester (tesourier)
rep (jou haas)
retikule
retirade (toilet)
riempiesvelskoen
riggel
robbies
roepende “soos ’n stem des roepende in die woestyn” (vergelyk Markus 1:3)
Rooie (Engelsman, jingo, Kommunis)
rywiel (fiets)
sabander (weghardloop)
sakkerloot!/sapperloot! (tussenwerpsel)
sameet (fluweel)
sandkoker
scudo
seëpraal / segepraal
seil (as sinekdogee vir ’n skip)
seilklaar (seeklaar)
sekreet (toilet)
sekse (geslag)
selfbevlekking
seminaris
sentenaar
sermoen
sesponder
sesvoeter
sethaak
setmasjien
settery
seur
siekehuis (hospitaal)
siel uittrek
sieltogend (sterwend)
sieltoog
sier (baie klein, uiters min)
sig (voornaamwoord wat “hom”, “haar” of “jou” vervang)
siks “by my siks” (by my siel!)
silisium (silikoon)
siltig
silwerkollekte
sinds
sinjeur
sipier
sjofel
skaak (’n jong vrou ontvoer)
skaftyd (uitskeityd, etenstyd)
skafuur (etensuur)
skalt “skalt en walt” (rondslenter)
skamelbord
skarminkel (lang, skraal mens)
skeet (’n wind laat)
skier (byna, amper)
skooier (rondloper, bedelaar)
skoolkomitee (deesdae “skoolbeheerliggaam”)
skoolmeester (onderwyser)
skoorsoek
skort (voorskoot)
skryfburo (skryftafel)
skryn (kissie)
slaapmus / nagmus
slier
Sluiters “So maer/sleg lyk soos die dood in Sluiters”
smyt
snaar “Met snaar en stramboel (tamboer) reis” (te voetreis)
snee
sneef/snewe
snood (gemeen, slegs, misdadig)
snotkoker
soas (soos)
so-effe (so-ewe)
sokophouer
sollisitant
sollisitasie
sollisitasiebrief
sollisiteer
sosiëteit
sottin
spaaider
Spanjool (vuilsiekte)
spatbord (modderskerm)
speelster (toneelspeelster)
spekskiet
spens
spesie (muntgeld)
spoelkloset (toilet)
sponning
spraakkuns (grammatika)
spraakleer (grammatika)
spreekfilm, spreekrolprent
spreekgestoelte
spreekhoring (vroeër gebruik vir hardhorendes om beter te luister; ook alternatiewe benaming vir megafoon)
springbron, springfontein (natuurlik waterbron waar water uit die grond uitspuit)
springriem (springtou)
spuitvliegtuig (straalvliegtuig)
spys (kos, voedsel)
staak (lang, dun stok; ook ’n tak van ’n familie die gesamentlike afstammelinge van een gemeenskaplike voorouer)
stadhuiswoord; ~term
stede, stee (as wisselvorm vir plek)
stibium (antimoon)
stof (spog)
stonde (uur)
stoornis (steurnis)
stout (dapper)
straatgerug (straatrumoer)
strapasie
strapats
strawasie
streepbroek
striem (dik sweephoustreep oor die vel; ’n haal)
stroef
strykriem
stuiwer (halfpennie)
stukadoor
subiet (dadelik, onmiddellik)
suffrajet
sulks (dit, so iets)
suurkanol (suurknol)
swaelhoutjie (vuurhoutjie)
swagtel
swartlakense
swartmerrie (lokomotief)
sweepkoker
swerkater
swernoot
swets
swetterjoel
synsgelyke
tafellaken
tafereel
taggentig (80)
taverne (herberg)
te syner tyd (op die regte, die bestemde tyd)
teder (vir “teer”)
teekamer (klein restaurant)
teesuiker
tegnikon / technikon
telg
tentkar
tessie
tiekie
tienponder
tierlantyntjies
timmerasie
toemotor (sedan)
toen(t)dertyd
tonteldroog (baie droog)
toorts
towerlantern
tramas
tranedal
tribuut (skatting, belasting)
trippens
trofee (enige buit in ’n oorlog was as oorwinningsteken opgerig word)
twaalfponder
tweeponder
tweewerf
twintigponder
U-boot
uitbrand (berispe)
uitgedag (uitgedink)
uwentwil “om uwentwil” (om u ontwil, ter wille van u)
vaaljapie
vagevuur (vaevuur)
valreeptrap
vanslewe
vedel (viool)
veertigponder
vereers (“vir eers”)
vergaar, vergader (versamel, insamel)
vergader “tot jou vaders vergader word” (sterf)
vergange (verlede; nou die dag, onlangs)
vergif (gif)
vergood
vergote
vergrowwing
verkeke “die kans is verkeke” (die kans is verlore)
verlaas (“vir laas”)
verlet “iets sonder “verlet” (uitstel) doen”
verluid “na verluid”
vermaagskap
vermeester
verordineer
veroulaas (“vir oulaas”)
verskote (verbleikte)
versover (“vir sover”)
verstoor
verswind (verdwyn)
vervas (“vir vas” – ongetwyfeld)
veste (vesting, fort)
vies
viktorie
vleël
vliegmasjien (vliegtuig)
voetbalie
voetpond
voetwreef
volbrag
voldaan (vir kwitansie)
voordese (voorheen)
voorhuis
voorkamer (vir voorhuis)
voorkis
voorskoot
vrind (vriend)
vroeë en (spade) reëns
vroegstuk (ontbyt)
vryster “’n Oue vryster” (oujongnooi)
vuurslag
vuurtessie
vyfduimspyp
vyfponder
waard (herbergier, hotelbaas)
waterfiskaal (iemand wat toesig hou oor leiwatergebruik)
wederdoper
weesheer
wei (weiveld)
werwaarts (waarheen)
wet (skerpmaak)
wetsteen (slypsteen)
win (verkry, toeneem in)
winde (klimop)
wis (het geweet)
witwandband
woelag
woelig
woelwater
wroeg
Re: Argaïse woorde [boodskap #133470 is 'n antwoord op boodskap #133268] Vr, 11 September 2020 18:08 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 440
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
Hier is nog 'n paar:

bergleeu (poema)
fat (modieuse, windmakerige man)
fidusie (vertroue)
gelei (jellie)
jingo (Engelsgesinde Afrikaner)
keurslyf (borsrok, korset)
naafdop (wieldop)
omsons (tevergeefs)
poeselig (mollig, sag)
polmesarie (jolige partytjie)
sipier (tronkbewaarder)
suisel (ritsel)
warempel (waarlik, dalk meer onbekend as verouderd?)
Vorige onderwerp: UITROEPWOORDE
Volgende onderwerp: Karmenaaitjie, karbonaaitjie, karnaaitjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Okt 30 13:04:41 UTC 2020