Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » astronomie
astronomie [boodskap #132508] So, 02 Augustus 2020 11:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
astronomie
Afbreking: as•tro•no•mie
Uitspraak: /ɑstrunuˈmi/


Selfstandige naamwoord: astronomie
Meervoud:

Betekenis:
• Die studie van hemelliggame in die ruimte buite die aarde se atmosfeer, soos die son, planete, komete en newelvlekke.

Gebruik:
• Edwin Hubble het die fondamente van die astronomie geskud met die ontdekking van sterrestelsels buitekant die Melkweg, en dat hulle teen 'n toenemende spoed weg van ons af beweeg.

Sinoniem:
• sterrekunde

Afkorting:
• astr.

Afgelei:
• amateurastronomie
• infrarooi-astronomie
• radarastronomie
• radio-astronomie

Vertaling:
Engels: astronomy
Nederlands: astronomie, sterrenkunde
Xhosa: inzululwazi ngeenkwenkwezi
Zoeloe: ukwazi ngezinkanyezi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deklinasie
Volgende onderwerp: slaginstrument
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 17:41:11 MGT 2024