Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » abba
abba [boodskap #132077] Sa, 11 Julie 2020 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18789
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Moeder van haar kind abba.
'n Moeder van haar kind abba.
abba
Afbreking: ab•ba
Uitspraak: /ˈa.ba/


Werkwoord: abba
Verlede tyd: het geabba
Teenwoordige deelwoord: abbaende

Betekenis:
• Om op die rug te dra.

Gebruik:
• Sy het die kind tot by die kliniek geabba.
• Die Abbasasberge se naam is van die woord abba afgelei, want blykbaar lyk dit of die berge mekaar abba.

Afgelei:
• abbavel
• abbakaros
• abbasak
• abbavliegtuig
• abbavragwa
• abbawa

Vertaling:
Engels: to carry on one's back
Nederlands: dragen


Selfstandige naamwoord: abba
Meervoud: abba's

Betekenis:
• Die hemelse vader.

Gebruik:
• Hy het gesê: "Abba, Vader, alles is vir U moontlik." [Markus 14:36]

Vertaling:
Engels: abba
Nederlands: abba

Nota:
• Die ww. kom van Khoi-taal (Hottentots).
• Die s.nw. kom van Hebreeus, אַבָּא (abba), "vader".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: amok
Volgende onderwerp: hede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 17:36:14 MGT 2024