Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » atoom
atoom [boodskap #132072] Vr, 10 Julie 2020 20:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorstelling van 'n atoom.
Voorstelling van 'n atoom.
atoom
Afbreking: a•toom


Selfstandige naamwoord: atoom
Meervoud: atome
Verkleinwoord: atoompie
Meervoud van verkleining: atoompies

Betekenis:
• Die kleinste partikel van 'n element; mikroskopiese deeltjie waaruit materie opgebou is.

Gebruik:
• 'n Atoom bestaan uit 'n kern wat opgebou is uit neutrale deeltjies (neutrone) en positief gelaaide deeltjies (protone), met negatiewe deeltjies (elektrone) daarom.

Afgelei:
• atoombom
• atoomfisika
• atoomgetal
• atoomkern
• atoomklok
• atoomkrag
• atoommassa
• atoomnavorsing
• atoomsplitsing
• atoomstruktuur
• atoomwapen

Vertaling:
Engels: atom
Nederlands: atoom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bewer
Volgende onderwerp: voed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 08:04:26 MGT 2024