Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Piesangskons
Piesangskons [boodskap #37] So, 20 Mei 2018 09:31
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
PIESANGSKONS

250 ml piesangmoes (1 k)
60 ml sonneblomolie (1/4 k)
50 ml suiker (3 e)
2 eiers
400 g bruismeel (3 k)
30 ml vlapoeier (2 e)

Verhit die oond tot 230°C. Smeer 'n groot bakplaat. Klits die piesangmoes, sonneblomolie, suiker en eiers baie goed saam. Sif die bruismeel en vlapoeier saam. Sny dit met 'n slaplemmes by die piesangmengsel in. Skep dessertlepels vol deeg 'n entjie uitmekaar op die bakplaat. Bak die skons ongeveer 12 minute lank tot goudbruin. Plaas dit op 'n draadrak om af te koel.

Lewer 16 skons.
Vorige onderwerp: Malvasnoepies
Volgende onderwerp: Potbrood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:13:00 MGT 2024