Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoes
hoes [boodskap #131413] Wo, 27 Mei 2020 08:14
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hoes
Hoes
hoes
Afbreking: hoes


Werkwoord: hoes
Verlede tyd: het gehoes
Teenwoordige deelwoord: hoesend, hoesende

Betekenis:
• Asem luid uit die keel stoot om dit skoon te maak. Die eksplosiewe uitaseming van lug.

Gebruik:
• Die arme kind hoes hom byna dood.

Vertaling:
Engels: to cough
Nederlands: hoesten


Selfstandige naamwoord: hoes
Meervoud: hoeste, hoesse
Verkleinwoord: hoessie
Meervoud van verkleining: hoessies

Betekenis:
• 'n Refleksbeweging waartydens lug eksplosief uitgestoot word.

Gebruik:
• Hy gee 'n benoude hoes.

Afgelei:
• hoesbui
• hoesmiddel
• hoesstroop
• kinkhoes

Vertaling:
Engels: cough
Nederlands: hoest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hark
Volgende onderwerp: burgerskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:13:00 MGT 2024