Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » komkommer
komkommer [boodskap #130767] Vr, 10 April 2020 18:27
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18828
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Komkommer
Komkommer
komkommer
Afbreking: kom•kom•mer
Uitspraak: /ˌkɔmˈkɔ.mər/


Selfstandige naamwoord: komkommer
Meervoud: komkommers
Verkleinwoord: komkommertjie
Meervoud van verkleining: komkommertjies

Betekenis:
• 'n Rankplant (Cucumis sativus) of die langwerpige vrugte daarvan.

Gebruik:
Komkommer is gewoonlik 'n gunsteling in mengelslaaie en word selfs as gesonde plaasvervanger vir brood gebruik.

Spreekwoord:
• Iemand 'n kalbas vir 'n komkommer gee. [Iemand kul.]
• Hy is so koel soos 'n komkommer. [Nie in die minste opgewonde nie.]
• Plesier is nes 'n jong komkommer; as jy hom pluk, verlep hy sommer. [Plesier verloor sy aantreklikheid as 'n mens dit eers geniet.]

Afgelei:
• komkommerslaai
• komkommertyd
• seekomkommer

Vertaling:
Engels: cucumber
Nederlands: komkommer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koeël
Volgende onderwerp: konsentrasiekamp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 11:26:59 MGT 2024