Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koeël
koeël [boodskap #130766] Vr, 10 April 2020 18:07
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18814
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Koeëls
Koeëls
koeël
Afbreking: koe•ël
Uitspraak: /kuːl/


Selfstandige naamwoord: koeël
Meervoud: koeëls
Verkleinwoord: koeëltjie
Meervoud van verkleining: koeëltjies

Betekenis:
• Ronde of silindervormig projektiel met skerp punt wat uit 'n vuurwapen geskiet word.

Gebruik:
• Ernst Mach het bevind dat 'n koeël se lugweerstand toeneem namate die spoed daarvan vermeerder, tot op 'n punt, waarna dit weer afneem.

Spreekwoord:
• Die koeël is deur die kerk (en die koster is gekwes). [Die saak is beslis. Daar is niks meer aan te doen nie.]

Sinoniem:
• projektiel
• patroon
• staalpil

Afgelei:
• dwaalkoeël
• rubberkoeël

Vertaling:
Engels: bullet
Nederlands: kogel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: knaag
Volgende onderwerp: komkommer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 14:23:13 MGT 2024