Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kleef
kleef [boodskap #130761] Vr, 10 April 2020 15:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kleef
Afbreking: kleef
Uitspraak: /kleːf/, /ˈkleː.və/


Werkwoord: kleef
Verlede tyd: het gekleef
Teenwoordige deelwoord: klewende

Betekenis:
• Vassit of vasklou aan iets.

Gebruik:
• Die kougom kleef aan sy snor vas.

Spreekwoord:
• Daar kleef 'n reukie aan. [Alles is nie in orde nie.]
• Daar kleef bloed aan die geld. [Dis geld wat vir verraad ontvang is.]

Wisselvorm:
• klewe

Afgelei:
• aankleef
• klewerig
• kleefband
• kleeflint
• kleefpleister
• kleefstof

Vertaling:
Engels: to stick, be sticky
Nederlands: kleven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kieliebak
Volgende onderwerp: klier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 00:37:02 MGT 2024