Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skerts
skerts [boodskap #130702] Di, 07 April 2020 12:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skerts
Afbreking: skerts


Werkwoord: skerts
Verlede tyd: het geskerts
Teenwoordige deelwoord: skertsend

Betekenis:
• 'n Opmerking maak wat as 'n grap bedoel is.

Gebruik:
• "Eendag gaan jy so beroemd wees dat mense jou handtekening gaan vra", skerts hy.

Vertaling:
Engels: to joke, jest, make fun
Nederlands: schertsen


Selfstandige naamwoord: skerts
Meervoud: skertse

Betekenis:
• 'n Grappige of speelse beskouing of opvatting; grappigheid; ligte spot.

Gebruik:
• Agter die skerts en die knypie sout is die waarheid nooit ver te soek nie.

Vertaling:
Engels: joke, joking, jest, fun
Nederlands: scherts

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skerpskertser
Volgende onderwerp: pekelsonde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 04:49:08 MGT 2024