Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eiendom
eiendom [boodskap #130686] So, 05 April 2020 18:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eiendom
Afbreking: ei•en•dom


Selfstandige naamwoord: eiendom
Meervoud: eiendomme
Verkleinwoord: eiendompie
Meervoud van verkleining: eiendompies

Betekenis:
• Dit wat aan jou behoort. Iets wat 'n mens besit en waarmee jy kan maak wat jy wil.
• 'n Stuk grond.

Gebruik:
• Daardie boeke is my eiendom.
• Ek het 'n groot eiendom in Kaapstad.

Afgelei:
• eiendomsagent
• eiendomsbelasting
• eiendomsmagnaat
• eiendomsreg
• privaateiendom

Vertaling:
Engels: possession, belongings, ownership; property, estate
Nederlands: eigendom

Nota:
• Sommige jagtersamelewings het nie die eiendom van grond erken nie, hoewel hulle wel die eiendom van waterbronne erken het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eik
Volgende onderwerp: sakpas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:09:42 MGT 2024