Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baai
baai [boodskap #130578] Ma, 30 Maart 2020 17:39
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18839
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Valsbaai
Valsbaai
baai
Afbreking: baai
Uitspraak: /bɑːi̯/


Selfstandige naamwoord: baai
Meervoud: baaie
Verkleinwoord: baaitjie
Meervoud van verkleining: baaitjies

Betekenis:
• 'n Wye inham van die see. Strook water wat aan drie kante deur land omring is.

Gebruik:
• Valsbaai is 'n baai naby Kaapstad met 'n lengte van sowat 48 kilometer.

Vertaling:
Engels: bay
Nederlands: baai

Mense wat baai.
Mense wat baai.

Werkwoord: baai
Verlede tyd: het gebaai

Betekenis:
• Swem of langs die water lê en in die son bak.
• In iets gehul wees; oortrek van; bestraal deur.

Gebruik:
• Ons gaan môre by die see baai.
• Waar die figure in die eerste skildery in lig gebaai is, lyk dit asof amper al die persone in La Grande Jatte in skadu gehul is.

Afgelei:
• baaibroek
• baaikostuum

Vertaling:
Engels: to bathe
Nederlands: baden


Tussenwerpsel: baai

Betekenis:
• 'n Afskeidsgroet; tot siens.

Gebruik:
• Baai, sien jou môre.

Vertaling:
Engels: bye
Nederlands: tot ziens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paranoia
Volgende onderwerp: verlange
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 10:39:18 MGT 2024