Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paling
paling [boodskap #130573] So, 29 Maart 2020 18:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Paling.
'n Paling.
paling
Afbreking: pa•ling
Uitspraak: /ˈpɑː.lɪŋ/


Selfstandige naamwoord: paling
Meervoud: palings
Verkleinwoord: palinkie
Meervoud van verkleining: palinkies

Betekenis:
• 'n Dun, langwerpige vis wat aan die genus Anguilla in die familie Anguillidae behoort.

Gebruik:
• Daar is vier spesies varswater-palings in Suidelike Afrika: die geelbekpaling (Anguilla mossambica), kortvinpaling (Anguilla bicolor bicolor), Afrika-bontpaling (Anguilla bengalensis labiata) en die Madagaskar-bontpaling (Anguilla marmorata).

Spreekwoord:
• So glad soos 'n paling. [Baie glibberig en kom met alles weg.]
• Aal is nog geen paling nie. [Die mindere is nie gelyk aan die meerdere nie.]

Sinoniem:
• aal

Verwant:
• palingagtig
• palingfuik

Vertaling:
Engels: eel
Nederlands: paling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aalfuik
Volgende onderwerp: aal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:09:02 MGT 2024