Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » adder
adder [boodskap #130567] So, 29 Maart 2020 17:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18817
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pofadder.
'n Pofadder.
adder
Afbreking: ad•der
Uitspraak: /ˈadər/


Selfstandige naamwoord: adder
Meervoud: adders
Verkleinwoord: addertjie
Meervoud van verkleining: addertjies

Betekenis:
• 'n Giftige slang uit die familie van adders (Viperidae).
• (figuurlik) 'n Gevaarlike en onbetroubare persoon.

Gebruik:
• Die adder het groot giftande wat teen die verhemelte terugvou wanneer hy dit nie gebruik nie.
• Sy is 'n regte adder!

Spreekwoord:
• Hy koester die adder aan sy bors. [Weldade aan iemand bewys wat dit met ondank sal vergeld.]
• Daar skuil 'n adder in die gras. [Daar is iets onaangenaams , gevaarliks onder 'n skoon skyn verborge.]

Afgelei:
• bergadder
• dwergadder
• gaboenadder
• nagadder
• pofadder
• rooiadder
• veelhoringadder

Vertaling:
Engels: viper, adder
Nederlands: adder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: adel
Volgende onderwerp: tip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 13:49:27 MGT 2024