Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » randse, afrikaanse, universiteit
randse, afrikaanse, universiteit [boodskap #12259] Do, 22 Januarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ons het dit altyd die broederbondkampus genoem, in die dae toe die
broeders nog sterk gestaan het, tydens hulle heyday in die vroee tagtigs.

Die Randse Afrikaanse Universiteit is nou 'n paradoksale titel, 'n
instelling wat grootoog die werklikhede om hom vanagter die agt voet
elektriese heining en gewapende wagte met hul groen berets dophou.

Gelukkig werk my ou studentekaart nog toe ek dit vir die wag by die hek
wys.

Die kampus het gerek vandat ek laas daar was, saam is ons besig om
middeljarig ronder te raak. Dit tref my dat die nuwe geboue nie een die
kenmerkende strak, grys beton-argitektuur van die broeder-era dra nie.

In die geboue is dit duidelik: dis nie meer die Randse, _Afrikaanse_
Universiteit hierdie nie.

Dis bont hier.

Al wat nog oorgebly het van die homogene, mono-talige studentemenigte van
destyds is blou jeans en t-hemde. Ek dink terug aan die rumoerige
massavergaderings oor die voorgestelde 15% kwota bruin studente. Bruin,
want swart was verbode, soos die Mandela posters wat Carl Niehaus probeer
opsit het. Deesdae is RAU die voorkeurkampus van die refugees van
apartheid se bosuniversiteite.

Dis anders hier.

Daar's 'n Vodacom winkel hier.

Die kaf is weg, vervang deur 'n labirint van sitkamers vir die massas
dagstudente.

Ek loop vas in 'n nuwe aanbouing wat lyk soos 'n mini shopping mall,
kompleet met Steers, Wimpy, en 'n Spar. Wat 'n verbetering, nou kan die
koshuisstudente hul koffievoorraad op die kampus koop.

Mooimeisiesfontein is nog hier, in die middel van die grys laer. Om hom
sit die paartjies nog steeds mekaar en vrylesse gee.

Vakke is nie meer net biblioteekkunde of biologie nie. Promosie-plakkate,
daar om die nuwejaar se aanwins eerstejaars te canvas, praat van
"Informatika en inligtingstudies -- leer van push tegnologie en web
bladsye" en "Ontwikkelingsfisiologie -- Aids, basiese
gemeenskapsgesondheid en kliniekbestuur."

Ek stap by 'n gesig wat ek herken verby -- 'n wysbegeertedosent, nog
steeds op sy pos. Sy hare is dunner, sy oe strakker, en sy pak klere hang
sakkerig aan hom.

Ek kry my duplikaatstel uitslae waarvoor ek gekom het by
studenteregistrasies, A-ring vlak drie. Dis als net in Afrikaans geskryf.

Party dinge, soos jeans, neem langer om te verander.

Want dit is mos, after all, die randse, afrikaanse, universiteit.

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Re: randse, afrikaanse, universiteit [boodskap #12282 is 'n antwoord op boodskap #12259] Vr, 23 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
wrote:
>

> Dankie, Charl. Ek was net eenkeer by RAU, in
> 1981, in die goeie ou broederbond dae. Ek het
> so baie van die fontein gehou,( wat ook in 'n
> verhoog omskep kon word, as ek reg onthou?)Dit
> heet dus Mooimeisiesfontein?
>
Ja. Die ouens gooi Omo in hom tydens jool.

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Re: randse, afrikaanse, universiteit [boodskap #12283 is 'n antwoord op boodskap #12259] Vr, 23 Januarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ev...@sportspace.co.za writes: >

> In die geboue is dit duidelik: dis nie meer die Randse, _Afrikaanse_
> Universiteit hierdie nie.
>
> Dis bont hier.
>

>
> Mooimeisiesfontein is nog hier, in die middel van die grys laer. Om hom
> sit die paartjies nog steeds mekaar en vrylesse gee.

Dankie, Charl. Ek was net eenkeer by RAU, in
1981, in die goeie ou broederbond dae. Ek het
so baie van die fontein gehou,( wat ook in 'n
verhoog omskep kon word, as ek reg onthou?)Dit
heet dus Mooimeisiesfontein?

Gloudina
Vorige onderwerp: Skoolseun geskors oor geskiedenis
Volgende onderwerp: Skool en Onderwys Plan!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 22:20:45 MGT 2024