Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » akwaduk
akwaduk [boodskap #129521] Di, 28 Januarie 2020 19:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18839
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pont du Gard in Frankryk, ’n antieke Romeinse akwaduk wat omstreeks 19 v.C. gebou is.
Pont du Gard in Frankryk, ’n antieke Romeinse akwaduk wat omstreeks 19 v.C. gebou is.
akwaduk
Afbreking: ak•wa•duk


Selfstandige naamwoord: akwaduk
Meervoud: akwadukte

Betekenis:
• Brug wat gebou is om water oor 'n onegalige terrein te lei.
• Kanaal waarlangs water van die bron na 'n afsetgebied vloei (sowel bo- as ondergronds).

Gebruik:
• Die Aqua Marcia (144 v.C.) was die eerste akwaduk wat in die hoogte gebou was, en daarmee die klassieke patroon geskep het.

Sinoniem:
• brugkanaal
• waterbrug
• waterleiding

Vertaling:
Engels: aqueduct
Nederlands: aquaduct

Nota:
• Afgelei van die Latynse woorde aqua ("water") en ducere ("om te lei").

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tromstok
Volgende onderwerp: prototipe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 10:06:09 MGT 2024