Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spil
spil [boodskap #129512] Di, 28 Januarie 2020 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spil
Afbreking: spil


Selfstandige naamwoord: spil
Meervoud: spille
Verkleinwoord: spilletjie
Meervoud van verkleining: spilletjies

Betekenis:
• 'n Pen (of as) waarom iets draai.
• Die belangrikste persoon of saak; middelpunt.

Gebruik:
• Sy wen die garing om 'n nuwe spil.
• Die nuwe babatjie is die spil waarom haar lewe draai.

Spreekwoord:
• Hy is die spil waarom alles draai. [Die leidende persoon.]

Vertaling:
Engels: axis, axle, pivot
Nederlands: spil

Nota:
• Moenie "spil" met "spul" ('n klomp dinge saam) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: woonstel
Volgende onderwerp: wonderlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 03:14:42 MGT 2024