Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » virus
virus [boodskap #129503] Ma, 27 Januarie 2020 19:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
virus
Afbreking: vi•rus


Selfstandige naamwoord: virus
Meervoud: virusse
Verkleinwoord: virussie
Meervoud van verkleining: virussies

Betekenis:
• (biologie) 'n Mikroskopiese parasiet wat selle in biologiese organismes besmet; siekteverwekker wat veel kleiner as bakterie is.
• (rekenaarwetenskap) 'n Kwaadwillige rekenaarprogram wat 'n rekenaar of toestel besmet.

Gebruik:
• Omdat 'n virus asellulêr is en nie 'n eie metabolisme het nie, maak hulle van die meganismes en metabolisme van die gasheer gebruik om voort te plant.
• My rekenaar is met 'n virus besmet.

Afgelei:
• rekenaarvirus
• virusagtig
• virusinfeksie
• virussiekte
• virusvry

Vertaling:
Engels: virus
Nederlands: virus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vla
Volgende onderwerp: erdwurm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 21:28:32 MGT 2024